• Panel 00.jpg
  • Panel 00a.jpg
  • Panel 00b.jpg
  • Panel 00c.jpg
  • Panel 00D.jpg
  • Panel 01.jpg
  • Panel 01a.jpg
  • Panel 01aa.jpg
  • Panel 01b.jpg
  • Panel 02.jpg
  • Panel 02a.jpg
  • Panel 03.jpg
  • Untitled-1.jpg

GASLIGHTING – WAT IS DIT?

 

Die term is verkry van die Film Gaslighting, wat in 1944 gemaak is; waar die man sy vrou probeer oortuig dat sy kranksinnig is deur haar gesonde verstand en realiteit te bevraagteken en sodoende veroorsaak dat sy in haarself en haar oordeelsvermoë twyfel.

 

Gaslighting is ‘n vorm van manipulasie en breinspoeling wat die slagoffer laat twyfel in sy/haar eie persepsie, identiteit en self waarde.  Stellings en beskuldigings is gewoonlik gebaseer op blatante leuens en vergrotings of verdraaiings van die waarheid.  Op sy ergste, met patologiese gaslighting, is daar ‘n ernstige vorm van beheer en sielkundige- en emosionele mishandeling met verbale, emosionele en/of fisiese vyandigheid van die een of ander aard.

 

In ligter vorme van gaslighting is daar ‘n wanvoorstelling van die magsbasis in die verhouding.  Die ontvanger word onderwerp aan die gaslighter se onredelike, eerder as feitelike redenasies en die gaslighter fynkam en veroordeel deur middel van aggressie. 

 

Gaslighting gebeur nie net in persoonlike verhoudings nie, dit kan ook in die werkplek gebeur waar ‘n werkgewer gereeld en onregverdiglik ‘n werknemer afkraak en verkleinereer. 

 

Alle gaslighters is nie doelbewuste en moedswillige kwaadstokers nie, en soms is hulle gladnie bewus daarvan dat hulle dit doen nie.  Sommiges het onbewustelik ingekoop in hul familie, portuurgroep, gemeenskap of die breë samelewing se negatiewe sosiale norme en vooroordele.  Hulle is dalk nie volledig bewus van die skade, pyn en impak wat hulle woorde en aksies het nie. 

 

Ander gaslighters is volledig bewus van hul sameswerende taktiek soos wat hulle moedswilliglik daarna soek om ‘n wanbalans van mag te skep in ander se lewens.  Hy/sy is egoïsties, selfgefokus en hoogmoedig met ‘n onrealistiese, opgeblase selfbeeld.  Die gaslighter gee nie werklik om vir ander nie, en gebruik mense om sy mening van homself in stand te hou.  Hier stem dit ooreen met Narsisistiese persoonlikheidsversteuring soos wat Riette Rust in haar boek EK! Ek! Ek! (2016; p43-51) ook beskryf. 

 

Dit kan gevaarlik wees in die opsig dat gaslighting jou so verwar dat jy aan jou eie geestesgesondheid en gesonde oordeel begin twyfel.  ‘n Gevolg hiervan is dat jy ongeag sy swak behandeling, steeds soek vir die gaslighter se goedkeuring en aanvaarding.  So ook kan jy verskoning maak vir sy swak gedrag en die fout gedurig by jouself soek.  Dit kan daartoe lei dat jy vasgevang en baie alleen voel en sodoende jou isoleer van jou ondersteuning sisteme

 

Die gaslighter herinner sy slagoffer ook gereeld aan tekortkominge, swakhede en sy/haar ongewensdheid.  Die gaslighter erken ook nie wanneer hy ‘n fout gemaak het nie en is baie aggressief as hy gekritiseer word.  Jy voel dat daar iets fout is met jou en dat jy nooit goed genoeg is nie.  Die gaslighter maak nie hierdie beskuldigings om kwessies te bespreek of probleme op te los nie, maar eerder om die ontvanger te verkleineer sodat sy mening van homself in stand gehou kan word en dat hy jou kan uitbuit tot sy eie voordeel. 

 

Vra jouself af of die verhouding voldoen aan die verwagtinge wat jy aanvanklik gekoester het.  Presies hoe tevrede is jy daarmee en hoe laat die verhouding jou voel oor jouself?  Geniet jy dit om dinge saam met hierdie persoon te doen en ondersteun hy/sy jou?  Is daar enige vorm van intimiteit en kan hy/sy met empatie na jou kyk?  Kyk ook na watter beleggings jy in die verhouding gemaak het, finansieel en emosioneel, en of jy wil bly terwille van die kinders of jou geloof.  Kyk ook na watter alternatiewe daar is vir jou in die toekoms. 

 

Die geheim lê in jou ingesteldheid. Indien jy jou ingesteldheid verander kan jy die emosionele impak van die gasligter se gedrag op jou verminder.  Jy het verdraagsaamheid, geduld en fokus nodig.  Leer ken die streke van die gaslighter en weet met wie jy te doen het. Hy/sy kan selfs per geleentheid, wanneer dit hom pas, jou mooi en ordentlik behandel.  Bemagtig jouself met kennis sodat jy weet wat om te verwag van sy gedrag en dat jy nie “mal” is nie.  Kennis sal jou ook help om te besluit of jy in so ‘n verhouding moet bly en of jy moet gaan.  Skaal jou verwagtinge af en stel grense oor wat jy sal verdra en wat nie.  Moenie toelaat dat jy uitgebuit word nie.  Leer nee sê en moenie ingee wanneer hy jou intimideer nie.  Onthou: JY IS IN BEHEER VAN JOU LEWE!

ouer happy couple

jumping couple

pret couple