WHAT CLIENTS SAY

  • “It was the longest and most meaningful conversation we had with each other in a very long time. And it happened in the first session already!”

  • “Up to now, in every session I got new information about my partner. I now realise that her behaviour is not because of spitefulness, but because of her own pain.”

  • “To be really, deeply heard makes me feel wanted and important.”

  • “The affair my partner had, became a wake-up call for our relationship. Under Susan's guidance I discovered the part I played in my partner searching elsewhere for ‘love’.”

  • “Up until now I haven’t realised what big a part my childhood experiences played in the pain, criticism and anger I feel today.”

  • “The distance between us got smaller”.

  • "The past is there to learn from, but the future is there to LIVE!"

 

  • "Relationship-wise, we have made excellent progress.  There have been bumps along the road, but thanks to Susan's professionsl insights and guidance, we are able to talk things through and appreciate each other's point of view.  Up to this day my partner still speaks fondly of you!"  Thank you, Susan for your gentle guidance and loving approach - it meant a lot to us."

          

      Mirroring creates light bulb moments and opportunities for growth!

 

     *       Ek het in April by Susan ingestap, stukkend en op.  Dis moeilik om te beskryf wat sy vir my beteken het.  Hoe beskryf 'n mens 'n emosie so diep dat jy hom self nie ontdek het nie?  In 'n paar sessies het sy reggekry wat ek al hoeveel jare mee worstel.  Susan het my gehelp om op 'n gemaklike manier dinge met haar te deel, probleme op te los en op die oue einde sin vir myself oor my lewe te maak.  Ek het nog 'n lang pad om te stap, maar sonder Susan so ek nog nie eens gedink het daaraan om my stapskoene aan te trek nie.  Baie dankie Susan!

          

    *       Ons kyk na die sessies wat ons gehad het met groot waardering.  Eers was my man baie skepties oor "berading sessies". "En dan nog met 'n vrou ook!"  Hy was baie negatief en het gedink dit sou uittrap sessies wees, en hy sou die een wees wat uitgetrap word.  Hy het ook nie gedink ons huwelik was "redbaar nie".  Na die eerste sessie het hy aan my erken dat sy vrese ongegrond was.  Hy was van mening dat Susan ons belange op die hart dra en dat sy bekwaam is om ons te help.  Susan het ons laat insien dat ons na 'n wen-wen situasie moet werk (menende 'n gelukkige huwelik).  Sy het vir ons die nodige vaardighede gegee, dit saam met ons ingeoefen om sodoende met nuwe oë na mekaar te kyk.  Van die vaardighede is; 

- ons mag maar verskil, maar moet ook somtyds na mekaar se wêrelde oorbeweeg en dit deur ons maat se oë sien.  Met hierdie nuwe kykie, het ons albei weer respek vir mekaar begin kry en poog ons om nou meer verdraagsaam en simpatiek te werk te gaan.

- Tyd alleen vir mekaar is werklik  noodsaaklik.  Om tyd te maak vir mekaar en vir daardie oggend, middag of aand se paar uurtjies, om net op mekaar te fokus en nie nodig het om aan ander verantwoordelikhede of pligte te dink nie, het ons goed gedoen.  Ons probeer regtig hard.

- Oop en eerlike kommunikasie word verbeter met goeie luistertegnieke, "paraphrasing".  Met hierdie stukkie gereedskap kan ons nou beter kommunikeer.  Ons oefen en oefen.  Dit raak al hoe beter!

Susan het ons weer hoop gegee dat daar 'n beter verhouding wag.  Sy het ook meer as een krisis situasie in van ons sessies met kalmte ontlont.  Sy het ons uitgedaag en gehelp om ons huwelik met vernude krag aan te pak en nie terug te kyk na die hartseer van gister nie!!  Baie dankie Susan.  Met jou sesies en die Here se hand, staan die duiwel nie 'n kans nie

   *        Ek besef nou dat my verdedigings eintlik te doen het met my eie kwesbaarhede wat ek in my kindertyd opgedoen het. 

  - Dit was 'n wonderlike ervaring om vir twee dae intensief na ons verhouding te kyk en iets wat regtig nodig was om die "spark" en gemaklikheid terug te bring.  Al het mens nie ernstige huweliks probleme nie, is dit regtig 'n moet om dit te doen.  Ons het met behulp van verskillende riglyne troos gekry om mekaar te verstaan en om ongemaklike onderwerpe te hanteer met liefde, respek en goeie kommunikasie. -  

 

Our marriage was already strong when we went to go see Susan, but we have heard so many good things about IMAGO that I just had to see what it was about. To our surprise there were lots to learn and we are better equipped to handle challenges in our marriage. This is definitely a must for all couples, happily married or not!

 

Susan het ons gehelp om mekaar weer te herontdek.  Haar kalmte en deernis het ons instaat gestel om vir die eerste keer in 'n baie lang tyd weer werklik na mekaar te luister.  Ons werk nog elke dag aan ons huwelik, maar sonder Susan sou ons nogsteeds in die donker rondgetas het.

 

I learnt to be present and how to re-connect after conflict.  Now we can actually have constructive differences and stay connected.

testimonial02

 

 

testimonial03

 

 

testimonial01