• Panel 00.jpg
  • Panel 00a.jpg
  • Panel 00b.jpg
  • Panel 00c.jpg
  • Panel 00D.jpg
  • Panel 01.jpg
  • Panel 01a.jpg
  • Panel 01aa.jpg
  • Panel 01b.jpg
  • Panel 02.jpg
  • Panel 02a.jpg
  • Panel 03.jpg
  • Untitled-1.jpg

Hierdie artikel waaraan ek deelgeneem het is in HUISGENOOT van 11 Maart 2021 geplaas.

HOEKOM IS DIT BELANGRIK VIR VOLWASSENES OM TE SPEEL PRET TE Hê EN SPONTAAN TE WEES?

As volwassenes in ons volwasse committed verhoudings het ons nodig om veilig en in konneksie met ons maat te voel en ook te voel dat ons aanvaar word.  Paartjies wat veilig voel by mekaar is meer emosioneel oop vir mekaar, speel meer met mekaar en dit is vir hulle dus makliker om in konneksie te wees en met empatie na mekaar te kyk.  

Deur saam pret te hê assosieer mens mekaar met genot, vriendskap, vertroue en positiwiteit.   Wanneer twee mense op mekaar verlief raak is hulle eintlik experts in speel, jy hoef maar net na ‘n verliefde paartjie te kyk en jy sal sien hoeveel eiesoortige, spontane en unieke speelsheid en pret hulle met mekaar het. Nadat mense trou verloor hulle dikwels hierdie speelsheid.  

Pare in gelukkige, stabiele verhoudings het rituele en pret tye wat hul verhouding identifiseer en betekenis gee aan hulle saamwees tyd.  Hulle neem saam deel aan en beplan aktiwiteite en pret wat hulle na aan mekaar laat voel; dit kan byna enigiets wees, solank albei partye dit geniet.

WATTER VOORDELE HOU DIT VIR MENSE IN?

Om saam te speel en pret te hê bring ‘n gevoel van veiligheid in die brein, maar hoe werk dit?

Liggamsfunksies wat outomaties gebeur (bv hartklop, asemhaling, vertering van kos) is onder beheer van die breinstam, hierdie gedeelte van die brein kyk primêr uit vir gevaar; want as ons in gevaar verkeer loop ons die risiko om nie te oorleef nie.  Dus sal ons op gevaar reageer deur te veg, te vlug dood te speel, weg te kruip, te vries of toe te gee.

MAAR as die brein veilig voel in die geliefde se teenwoordigheid sal ons met mekaar speel, pret hê, spontaan wees, intiem wees, kreatief wees en saam werk.  Dus voel verliefde paartjies veilig by en met mekaar en daarom gee hulle vir mekaar spontaan wat nodig is en sal hulle gevolglik mekaar versorg, moeite doen met mekaar, baie gereelde en intense seksuele tye saam hê of hernude belangstelling in hul kreatiwiteit en werk toon.  Kortom, hulle sal meer speel en pret hê.

HOEKOM DINK EK VERGEET VOLWASSENES DIKWELS OM PRET TE Hê EN SPELERIGHEID EN SPEELSHEID DEEL VAN HULLE ALLEDAAGSE LEWE TE MAAK?

Wanneer romantiese liefde vervaag - en dit is gewoonlik die natuurlike verloop van ‘n verhouding, want romantiese liefde moet plek maak vir ‘n volwasse bewuste verhouding – begin die brein se “gevaar” respons meer dikwels inskop.  Dit is dan wanneer mense veg, vlug, vries, wegkruip, dood speel of toegee.

Johan en Katrien (Skuilname) het op universiteit ontmoet en het alles saam gedoen vir drie jaar.  Hulle was sò verlief dat hulle van hul vriende afgesterf het net om tyd met mekaar te kon spandeer.  Hulle het saam lang ente gaan stap, dou voor dag opgestaan om na die sonsopkoms te kyk, saam pluimbal gespeel, klein geskenkies en verassings vir mekaar gegee en was altyd liefdevol, vriendelik en opgewonde om mekaar te sien.  Nadat hulle gegradueer het was hulle gereed om as gtroude paar die lewe aan te pak.  Ongeveer ‘n jaar  na die troue was beide werksaam by groot maatskappye en het hulle begin om die sukses leer te klim.  Om dit vol te hou moet mens noodwendig lang ure insit en ook soms werk huistoe vat.

Dinge het begin verander.  Hulle het minder en minder tyd saam spandeer, minder pret gehad en minder saam gespeel, maar terselfdertyd steeds van mekaar verwag om dieselfde op te tree (en te voel) as voorheen.  Katrien het agtergekom dat Johan nie meer vir haar blomme gee nie; Johan se respons was “blomme gaan gou dood”.  Aanvanklik kon sy dit nie kleinkry nie, want hy het dikwels in die verlede vir haar blomme gebring.  Sy reken toe dat dit seker maar ‘n fase is en dat dit sal oorwaai; maar dit het nie.  Sy het begin kwaad word vir die manier waarop Johan haar behandel, en op sy beurt het Johan haar gekritiseer dat sy ‘n neulerige vrou is.  Algaande het die konneksie wat daar eers was vervaag en albei het meer diskonneksie begin voel.  Alhoewel haar “neulery” en aggressie vir Katrien oor die kort termyn gebring het wat sy nodig het en effens tevrede gestel het, het Johan gou weer terug gekeer na sy vorige gedragswyse.  Na ongeveer ‘n jaar van probeer om dinge weer te kry soos wat dit vroeër was het Katrien moed opgegee en begin om haar behoefte aan aandag eerder by haar werk en vriende te soek as by Johan; gevolglik het die idee van ‘n affair nie meer vir haar so vergesog gelyk nie.

Pare wat al vir geruime tyd saam is moet verstaan dat romantiese verliefdheid gemaak is om verby te gaan.  Plek moet gemaak word vir ‘n langtermyn volwasse bewuste verhouding.  Hierdie tipe liefde groei uit gedeelde ervaringe, tye waar die paar deur dik en dun saam  staan en as span optree teen die aanslae van die lewe.  Hierdie tipe verhouding lewer seker nie die opwinding van romantiese liefde nie, maar is meer behoefte bevredigend oor die lange duur.     

HOE KAN MENS MAAK OM ‘n SPEELSE ELEMENT IN JOU LEWE IN TE BOU?

In ‘n studie deur verhoudings deskundige John Gottman (1979) het hy bevind dat gelukkig getroude pare een ding in gemeen het:  Daar was VYF positiewe goed wat gebeur vir elke EEN nagatiewe gedrag tussen partye.  Dus moet ons doelbewus energie insit en onsself opstel vir sukses deur die positiewe, insluitend tyd vir pret en speel, en dit wat wel werk in die verhouding eerder vyf keer meer in fokus te bring as die negatiewe.

Gottman. J. (1997). Marital Interaction: Experimental investigation. New York: Academic.

HOE KAN JULLE AS PAARTJIE SAAM SPEEL EN PRET Hê?

Soos wat ons groot word dink ek nie ons verloor ons behoefte om te speel nie, daar is net soveel wat “grootmenswees” vereis  dat ons vergeet dat ons nodig het om te speel. 

Speelsheid gaan hand aan hand met kreatiwiteit wat die verbeelding betrek en eindelose moontlikhede skep.  Verbeelding laat jou deur nuwe oë na dieselfde ding en na jou maat kyk.  Speel bring energie, humor en lag.  Dit skei endorfiene af wat ons laat goevoel en ‘n kettingreaksie van positiwiteit tot gevolg kan hê.

Dus het ons veiligheid nodig, pret en speelsheid om plesier en endorfiene  te vermeerder, maar daar is ‘n vangplek!  JOU MAAT IS NIE JY NIE!

Daar is mos die gesegde wat sê: “Doen aan ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê” ... ek wil dit verander en sê: “Doen aan jou maat wat jou MAAT wil hê!”  Ons gee dikwels die versorgende gedrag aan ons maats wat ons laat voel dat ons liefgehê word, maar onthou jou maat is nie JY nie en iets anders laat hom of haar dalk geliefd voel.  So, wees bedag daarop en begin om gesprekke te hê rondom aksies, speelsheid en pret wat elkeen van julle op jul eie manier geliefd sal laat voel. Daar is dinge wat julle alreeds reg doen vir mekaar, maar dikwels doen ons nie genoeg daarvan nie, of ons besef nie hoe spesiaal hierdie gedrag vir ons maats is nie  - enersyds omdat ons nie daaroor praat nie en andersyds omdat ons nie regtig luister wanneer my maat my bedank nie.

Een praktiese voorbeeld van hoe jy jou maat kan gee wat hy of  sy graag wil hê is om te luister vir ‘n lukrake leidraad of ‘n “random dropping”.  Dit is opmerkings waaraan jy nie veel aandag gee nie, maar wat jy jou maat gereeld hoor sê.  Julle mag dalk deur die winkels stap en jou maat sê dalk “oee dis mooi oorbelle” of  “ek wou nog altyd hierdie boek lees” of  “ek wonder hoe dit sal voel om op so ‘n date te gaan”.  Maak ‘n nota in jou gedagtes hiervan en gaan terug en gee dit as verassing vir jou maat.  Jy kan nie ‘n fout maak nie, want jy het gehoor dat jou maat daarvan sal hou.  Dit is in der waarheid ‘n goeie idee om mekaar met speel en pret een maal per maand te verras, selfs net die vooruitsig en beplanning daarvan kan die endorfiene laat vloei.

Om te speel, pret te hê en te lag laat jou goed voel.  “Laughter is the best medicine” is ‘n ou gesegde maar bly altyd waar.  

 

 

 

 

DIE EFFEK VAN KONFLIK OP GESONDHEID.

 

Sedert die vroegste tye weet ons dat die liggaam, siel en gees ‘n eenheid is.  Wat op die een vlak gebeur het ‘n invloed op al die ander vlakke.  Ek sien gereeld in my praktyk dat verhoudingskonflik ‘n groot tol kan eis op die gesondheid, welwese en stressvlakke van kliente  Ek doen gereeld navraag oor die klient/e se medikasie en het agter gekom dat emosionele en verhoudingsstress ‘n groot invloed het op die persoon se algemene gevoel van welstand en gesondheid.  Pare wat baie konflik ervaar rapporteer dat hulle meer slaapprobleme, probleme met hoofpyne, angstigheid, stress en lae energievlakke het.  Dit lei op sy beurt na baie lewensstyl siektes soos wat ons deesdae al hoe meer van hoor.

 

Konflik is nodig, MAAR Hoe kan jy konflik gesond hou?

Dit is onafwendbaar dat pare konflik sal ervaar want ons is almal verskillend en sien gebeure en konflik uit ons eie agtergrond en oogpunt van pyn en kwesbaarheid.  Daarom sal ons verdedig wanneer ons bedreig voel, wat ‘n baie natuurlike reaksie is.  Maar die een party se verdediging of aanval aktiveer gewoonlik die ander party se kwesbaarheid en die gevolglike konflik diskonnekteer die paar op ‘n emosionele vlak.  Dit is nie te sê dat hulle nie lief is vir mekaar nie, of dat hulle nie meer kies om bymekaar te wees nie, dit is net dat hulle gladnie op daardie stadium insig het in die maat se leefwêreld en ervaring van die problem nie.  Die een party se ervaring verskil hemelsbreed van die ander party s’n. 

 

Die ideale oplossing sou wees om jou verdedigings opsy te sit en regtig met empatie te luister na jou maat en te hoor hoe sy/haar ervaring van die probleem verskil van joune.    Sodoende kan jy agterkom dat jou maat se standpunt ewe veel geldigheid as joune het en dat jy nie noodwendig hoef saam te stem nie of die problem op te los nie; maar net moet verstaan dat dit is hoe jou maat dit in sy leefêreld ervaar. 

 

Dit is egter veel makliker gesê as gedaan, en dit is waar die terapeutiese proses handig te pas kom om meer sin te maak van jou maat se eiesoortige kwessies wat lei tot konflik en diskonneksie.

 

GASLIGHTING – WAT IS DIT?

 

Die term is verkry van die Film Gaslighting, wat in 1944 gemaak is; waar die man sy vrou probeer oortuig dat sy kranksinnig is deur haar gesonde verstand en realiteit te bevraagteken en sodoende veroorsaak dat sy haarself en haar oordeelsvermoë betwyfel.

 

Gaslighting is ‘n vorm van manipulasie en breinspoeling wat die slagoffer laat twyfel in sy/haar eie persepsie, identiteit en self waarde.  Stellings en beskuldigings is gewoonlik gebaseer op blatante leuens en vergrotings of verdraaiings van die waarheid.  Op sy ergste, met patologiese gaslighting, is daar ‘n ernstige vorm van beheer en sielkundige- en emosionele mishandeling met verbale, emosionele en/of fisiese vyandigheid van die een of ander aard.

 

In ligter vorme van gaslighting is daar ‘n wanvoorstelling van die magsbasis in die verhouding.  Die ontvanger word onderwerp aan die gaslighter se onredelike, eerder as feitelike redenasies en die gaslighter fynkam en veroordeel deur middel van aggressie. 

 

Gaslighting gebeur nie net in persoonlike verhoudings nie, dit kan ook in die werkplek gebeur waar ‘n werkgewer gereeld en onregverdiglik ‘n werknemer afkraak en verkleinereer. 

 

Alle gaslighters is nie doelbewuste en moedswillige kwaadstokers nie, en soms is hulle gladnie bewus daarvan dat hulle dit doen nie.  Sommiges het onbewustelik ingekoop in hul familie, portuurgroep, gemeenskap of die breë samelewing se negatiewe sosiale norme en vooroordele.  Hulle is dalk nie volledig bewus van die skade, pyn en impak wat hulle woorde en aksies op ander het nie. 

 

Ander gaslighters is volledig bewus van hul sameswerende taktiek soos wat hulle moedswilliglik daarna soek om ‘n wanbalans van mag te skep in ander se lewens.  Hy/sy is egoïsties, selfgefokus en hoogmoedig met ‘n onrealistiese, opgeblase selfbeeld.  Die gaslighter gee nie werklik om vir ander nie, en gebruik mense om sy mening en idee van homself in stand te hou.  Hier stem dit ooreen met Narsisistiese persoonlikheidsversteuring soos wat Riette Rust in haar boek EK! Ek! Ek! (2016; p43-51) ook beskryf. 

 

Dit kan gevaarlik wees in die opsig dat gaslighting jou so verwar dat jy aan jou eie geestesgesondheid en gesonde oordeel begin twyfel.  ‘n Gevolg hiervan is dat jy ongeag sy/haar swak behandeling, steeds soek vir die gaslighter se goedkeuring en aanvaarding.  So ook kan jy verskoning maak vir sy swak gedrag en die fout gedurig by jouself soek.  Dit kan daartoe lei dat jy vasgevang en baie alleen voel en sodoende jou isoleer van jou ondersteuning sisteme

 

Die gaslighter herinner sy slagoffer ook gereeld aan tekortkominge, swakhede en sy/haar ongewensdheid.  Die gaslighter erken ook nie wanneer hy ‘n fout gemaak het nie en is baie aggressief as hy gekritiseer word.  Jy voel dat daar iets fout is met jou en dat jy nooit goed genoeg is nie.  Die gaslighter maak nie hierdie beskuldigings om kwessies te bespreek of probleme op te los nie, maar eerder om die ontvanger te verkleineer sodat sy mening van homself in stand gehou kan word en dat hy jou kan uitbuit tot sy eie voordeel. 

 

Vra jouself af of die verhouding voldoen aan die verwagtinge wat jy aanvanklik gekoester het.  Presies hoe tevrede is jy daarmee en hoe laat die verhouding jou voel oor jouself?  Geniet jy dit om dinge saam met hierdie persoon te doen en ondersteun hy/sy jou?  Is daar enige vorm van intimiteit en kan hy/sy met empatie na jou kyk?  Kyk ook na watter beleggings jy in die verhouding gemaak het, finansieel en emosioneel, en of jy wil bly terwille van die kinders of jou geloof.  Kyk ook na watter alternatiewe daar is vir jou in die toekoms. 

 

Die geheim lê in jou ingesteldheid. Indien jy jou ingesteldheid verander kan jy die emosionele impak van die gasligter se gedrag op jou verminder.  Jy het verdraagsaamheid, geduld en fokus nodig.  Leer ken die streke van die gaslighter en weet met wie jy te doen het. Hy/sy kan selfs per geleentheid, wanneer dit hom pas, jou mooi en ordentlik behandel.  Bemagtig jouself met kennis sodat jy weet wat om te verwag van sy gedrag en dat jy nie “mal” is nie.  Kennis sal jou ook help om te besluit of jy in so ‘n verhouding moet bly en of jy moet gaan.  Skaal jou verwagtinge af en stel grense oor wat jy sal verdra en wat nie.  Moenie toelaat dat jy uitgebuit word nie.  Leer nee sê en moenie ingee wanneer hy jou intimideer nie.  Onthou: JY IS IN BEHEER VAN JOU LEWE!

‘n Affair: Kan ons verhouding herstel?

Ek gee hiermee erkenning aan die New York terapeut, Esther Perel by wie ek baie van hierdie wyshede “leen”.

Wanneer jou lewensmaat ‘n affair het, maak dit diep seer, maar die seer kan genees.  Aan die kant van die persoon wat die affair gehad het, is daar drie dinge wat gedoen kan word om herstel te bewerkstellig:

·      Ontrouheids trauma begin genees as die person wat die affair gehad het erken dat hy/sy optrede die verhouding skade berokken het.  Die vermoë om berou te toon en skuld te erken is noodsaaklik, want dit kommunikeer aan jou maat dat jy omgee, dat jou maat vir jou belangrik is en dat die verhouding vir jou belangrik is.  Dit is wat die verontregte party onmiddelik bevraagteken.

·      Wees die kampvegter vir jul verhouding.  Beskerm die grense van jul verhouding, neem verantwoordelikheid om oor die affair te praat sodat jou maat nie obsessief daaroor hoef te raak nie.  As jy daaroor praat bevry dit jou maat van die behoefte om die affair “op te bring”, om seker te maak dat die affaitr nie vergeet word nie, en dit help ook om vertroue weer terug te weef in die verhouding.   ‘n Voorbeeld wat vir my uitstaan is my kliente *Wouter en *Sandra.  Sandra het ‘n affair gehad in hul vakansie huis by die rivier en elke keer wanneer sy en Wouter na die vakansie huis gaan, maak Sandra seker dat sy “incheck” met Wouter deur te vra hoe dit vir hom is om daarheen te  gaan, sy vra of hy “okey” daarmee is.  Sy sê ook dat sy weet dit is nie vir Wouter maklik om rivier toe te gaan nie, maar dat hulle daardie plek weer hulle s’n gaan maak; hulle gaan geleidelik nuwe herinnerigne bou en gaan die plek herverower sodat elke keer wanneer hul daarheen gaan hullle  nie hoef te dink aan wat gebeur het nie.  Sandra sê ook dat sy verstaan hoe Wouter voel, dit is so logies.  Wanneer sy hierdie dinge doen en sê, is sy die kampvegter van die verhouding, sy is die beskermer en haar gedrag sê: “Ek gee om vir ons, ek wil ons help om ‘n nuwe veilige konneksie te herbou met mekaar.  Ek sien jou” is wat sy sê. Wouter hoef haar nie te herinner aan wat sy gedoen het nie, en dit is noodsaaklik om vertroue te herbou.

·      Wys jou skuldgevoelens vir die pyn wat jy in jou maat veroorsaak het.  Dit is soms baie moeilik vir die persoon wat die affair gehad het om te aanskou hoe seer hy/sy die maat gemaak het. Jy weet dat jy aanspreeklik is vir hierdie probleme in die verhouding.  Dit is belangrik dat jy nie vir jou maat vra om nie hieroor te praat nie omdat jy nie kan verdra om jou maat se pyn te sien wat deur jou veroorsaak is nie.  Skep net ruimte vir hierdie gesprekke en moenie dink dat jou maat dit moedswillig doen om jou te irriteer as hy/sy nodig het om herhaaldelik daaroor te praat nie.  Onthou dat die betekenis van hul lewe is in twee geskeur deur die affair.  Elke keer wat jy herhaaldelik luister en antwoord, skep jou maat ‘n nuwe skakel in die betekenis van sy/haar lewe wat stapsgewys help om vertroue te herbou.   

Vir die person wat bedrieg is, is daar ook dinge wat gedoen kan word om vertroue te herstel.  As jy toelaat dat jou nuuskierigheid die oorhand kry en  jou laat “grawe” vir “smerige” detail soos byvoorbeeld:  “Hoe gereeld, hoe lank, hoeveel keer, was hy/sy beter in die bed as ek?” Hierdie tipe vrae sal jou van slaap beroof en jou laat regop sit snags en net nog meer pyn bring.  

Ja, daar is dinge wat jy moet weet, maar dit is ‘n ander stel vrae, ondersoekende vrae eerder as “speurder” vrae.  Sulke vrae laat jou die betekenis en motief agter die affair probeer begryp, en jy kan agterkom of dit enigiets met jou te doene gehad het; dikwels het dit baie meer met jou maat te doen as met jou.  Hierdie tipe vrae het temake met: “Hoekom het dit nou gebeur? Wat het hierdie affair vir jou beteken? Het jy aan sons gedink terwyl jy daarmee besig was? Het jy gehoop dat ek sal uitvind? Het jy aan die kinders gedink? Hoe was dit vir jou as jy huistoe gekom het nadat jy daar was? Is jy hier vir my of is jy hier vir die gesin? Wat is vir jou waardevol omtrent ons verhouding? Wat dink jy kan ons saam hieruit leer?”  Hierdie tipe vrae kan kalmte bring en gee jou ‘n gevoel van beheer oor jou lewe en jul verhouding. 

Ek dink hier aan my kliënt, Pieter.  Vrae soos:  “tot watter mate het sy vrou haarself aan die minnaar oorgegee?  Het sy seksuele dinge met hom gedoen wat sy nooit met Pieter sou doen nie?  Was sy meer vrymoedig, meer oop?”  Hy het toe die ander man gebel en hierdie vrae aan hom gevra.  Nou sit Pieter snags regop en beelde flits deur sy gedagtes wat eintlik meer eksplisiet is as wat in werklikheid gebeur het.  Dit is alles behalwe helend vir Pieter, maar dit is ‘n natuurlike behoefte om meer te probeer uitvind.  Dit gesê, is dit belangrik om sekere vrae te vra maar dat dit beter is om nie die antwoorde te weet hie.  Want as jy eers die antwoorde het, moet jy vir ewig met die gevolge van die antwoorde saamleef.  Soms wannneer ‘n person hierdie tipe vrae aan sy/haar maat stel, vra ek of hy/sy wil hê dat die maat moet verstaan dat hy/sy die vrae het, of wil hy/sy regtig die antwoorde op daardie vrae hê.

Dit is ‘n kwessie van hoeveel inligting sal jou help herstel en hoeveel inligting kan jou her-traumatiseer.  Een person het ‘n affair, maar twee persone is verantwoordelik vir die skep van konneksie en standvastigheid in die verhouding.

 

 

 

Page 1 of 5