• Panel 00.jpg
  • Panel 00a.jpg
  • Panel 00b.jpg
  • Panel 00c.jpg
  • Panel 00D.jpg
  • Panel 01.jpg
  • Panel 01a.jpg
  • Panel 01aa.jpg
  • Panel 01b.jpg
  • Panel 02.jpg
  • Panel 02a.jpg
  • Panel 03.jpg
  • Untitled-1.jpg

 Hoe beïnvloed egskeiding my kind se gedrag?

Vanaf 5–12 jaar is kinders geneig om met hulle gedrag te wys as daar iets verkeerd is.  Hulle kan ontevrede en buierig voorkom en gedragsveranderinge toon soos ‘n veranderde slaappatroon, sosiale afsondering en onttrekking of ‘n oordrewe betrokkenheid en fokus op maats sodat hy/sy nie hoef te “cope” met wat by die huis aangaan nie.  Die kind kan baie hartseer voel en huilerig wees, die kind kan ook baie kortaf raak en kwaad wees, gou ontsteld raak en te veel of te min eet.

Tieners kan ‘n “traak-my-nie-agtige” houding aanneem en sosiaal onttrek of baie stil word. Hulle kan ook belangstelling in aktiwiteite verloor waaroor hulle voorheen gaande was of oor-konsensieus wees en gedurig die ouer se goedkeuring soek.  Aan die ander kant kan daar baie woede wees asook uitdagende gedrag, d.w.s kinderse tree buite hul normale karakter op of rebelleer.  Daar is individuele verskille en ook verskille in hoe seuns en dogters egskeiding ervaar.

‘n Ander kwessie wat deur kinders se gedagtes gaan is dat hulle hoop, maar dit dikwels nie kommunikeer nie, dat die ouers weer bymekaar sal kom en herening.  Soms sien die kind dat pa en ma “okey” is met mekaar en dan vlam die hoop op hereniging op; soms is daar “sameswerings” om ouers weer bymekaar te bring en leef hulle in hierdie fantasie vir ‘n lang tyd. 

Egskeiding maak dit moeilik vir kinders om by veranderde omstandighede aan te pas, en as daar nie aan die kind verduidelik word wat besig is om te gebeur nie, kan dit ‘n lang tyd van swaarkry vir die hom inhou.  Om hierdie las vir jou kind ligter te maak sal jy moet erken wat jou aandeel was in die verslegting van die verhouding. Kommunikeer jou eie verantwoordelikheid sonder om onnodige en negatiewe detail te gee en vertel dit vir hom/haar op ‘n ouderdomsgepaste wyse.  Vermy dit om jou gewese man/vrou sleg maak en alle blaam op hom/haar te pak, verduidelik “dit is waar ek fout gemaak het” en “dis waar jou pa/ma fout gemaak het”, en “dit is waar ons altwee verkeerd was”.  “Ek moes beter gepraat/geluister het”; “as ek nie so kwaad geword het nie, sou pappa/mamma nie so geskree het nie”, ens.  Dit beteken nie jy moet jouself straf of verkleineer voor jou kind nie, maar erken die waarheid en sê dat jy daaruit geleer het en dat jy jammer is dat dit gebeur het; jou kind moet weet dat jy verantwoordelikheid vir jou aandeel aanvaar.

 

ouer happy couple

jumping couple

pret couple