• Panel 00.jpg
  • Panel 00a.jpg
  • Panel 00b.jpg
  • Panel 00c.jpg
  • Panel 00D.jpg
  • Panel 01.jpg
  • Panel 01a.jpg
  • Panel 01aa.jpg
  • Panel 01b.jpg
  • Panel 02.jpg
  • Panel 02a.jpg
  • Panel 03.jpg
  • Untitled-1.jpg

MARITAL CONFLICT AS AN OPPORTUNITY FOR GROWTH

What really happconflictens when a couple is experiencing conflict and fighting in a relationship?  Conflict and fighting is a paradoxical “invitation” to get your needs met.  Through conflict growth is actually trying to happen.  The message of conflict often is: “I have needs that are not met!”  For example, I need to be seen/heard, I need to be myself within the marriage and still be loved and not judged.

 

When these needs are not met, we tend to get reactive and protect ourselves by being defensive and critical towards our partner.   One partner’s criticism usually triggers the other’s defensive adaptations, and in the end emotions escalate and nothing gets resolved.  This leaves both partners within the marriage feeling disconnected, alone, angry and sad. 

Meet your marriage partner's needs

Conflict further prevents you from hearing your partner’s “heart”, his or her longing for connection, wholeness and aliveness.  Conflict is an eschewed and unconscious effort at trying to tell your partner about your unmet needs and the pain it causes.

Marriage counselling provides a way out of this impasse by creating the right conditions and safety for growth to occur, enabling your heart’s longing to be heard.  An attuned therapist is tuned in to the needs of the couple and sees conflict not as a sign that there is something wrong with the relationship or that you are incompatible, but rather that you are the perfect combination inviting each other to grow into wholeness. 

Shifting your view about conflict as a gift towards growth, can bring a deeper experience of commitment, love and joy to the couple.   Committed relationship is not about finding the right partner; it is about becoming the right partner.

 

 

 

 

 

 CARING FOR YOUR RELATIONSHIP                                                                                                                                                                            

Within a marriage, romance goes hand in hCaring coupleand with caring behaviors. John Gottman (1994) found that happy couples have a 5:1 ratio of caring behaviors in contrast to negative behaviors. In other words; for every one negative interaction between the couple, there are five positive behaviors.

Gottman’s list of caring behaviors include: showing interest in your partner; loving behavior; show that you care for your partner; give appreciations to your partner; show if you are worried; have empathy with each other; accepingt each other; make use of humor and jokes; have fun and share in each other’s joy. Unhappy couples, on the other hand, have a 1:1 ratio of positive and negative interactions.

How can you tell if your partner feels loved and cared for? It is those actions that make your partner say: “Awwwh – Wow! That’s great, Thank youuuuuuuuuu!”, “It is just what I wanted!” Such actions are probably pushing your partner’s “I am being loved button”. Gary Chapman (2003) also wrote about this in his book: The five love languages. His love languages include: Physical contact; quality time; words of affirmation; gifts and service (doing things for your beloved with your hands).

You can get hints about your partner’s “love buttons" by listening to what Wade Luquet (2007) calls “random droppings”. These are things your partner mentioned on numerous occasions, but that you have not really paid much attention to. For example, you might have heard your partner commenting on the theme music of a movie you were watching, and he mentions that he would like to have a CD of the soundtrack. Make a mental note of that, and surprise him or her with a CD. Or, you might hear her say that going to “ABC” resort is on her bucket list, make a mental note of it and next time you have the opportunity of going away for the week/end be sure to take your partner there. Make mental notes of these “random droppings” and surprise your beloved with it. You cannot go wrong because you heard him/her saying what it is that they would like. caring couple a

Surprises are unexpected acts of kindness that need not cost you money. Maybe a note in the lunchbox suggesting a loving, motivational or sexy message, a note against the windscreen, a handwritten love letter, or an unexpected delicacy that shows you were thinking of him whilst shopping; giving your beloved a sensual massage or watching the rugby match with him (although it might not be your favorite pastime) can be ways of putting energy back into the relational space.

In order for you to have a good and satisfying relationship you need to incorporate creativity, playfulness and sometimes a little bit of naughtiness. You should be able to feel the bond between you physically, in your body. It is general knowledge that the body plays an important role in feeling loved. When someone touches or kisses you or stares in your eyes for longer than 20 seconds (with your faces being 15cm apart) the brain releases an endorphin called oxytocin – a so called ‘feel good’ and bonding hormone. It causes an extremely intimate sensation – almost equal to an orgasm. It reinforces the couple’s closeness, their bonding.

Caring for your relationship takes a conscious, aware and active decision as well as effort where romance and fun are planned, even though you might not feel up to it.  The real question is "What does the relationship need from me?" rather than "What do I need from the relationship?"  The secret is to communicate about it – to talk and to listen. Communication is the starting point to intentional, conscious romance. Couples who can consciously choose to re-romanticize their relationship are the truly happy couples.

Sal my kinders steeds kan floreer al is ons geskei?

Gepubliseer deur Susan Eksteen | 28 April 2014

Die ou waarhede bly steeds waar, soos om na jou kind te luister en kwalteit tyd saam met hulle deur te bring.  Weet ook dat jou kinders deur ‘n pynvolle, stressvolle tyd gaan en maak tyd vir hulle.  Praat weer van voor af met jou kinders in elke nuwe ontwikkelingsfase en -stadium van hul lewe.  In elke ontwikkelingsfase is dit nodig om sommige van die dinge wat gebeur het verwerk en om daaroor te praat, om dit te prosesseer, sin daaruit te maak, en te verstaan. 

Om tyd te maak vir jou kind in die gejaagde lewe van vandag is moeilik.  Probeer om nie te veel aktiwitieite aan te pak nie, anders sal jy nie die energie hê om tyd saam met jou kinders prioriteit te maak nie.  Twintig tot dertig minute per dag se ononderbroke aandag aan jou kind/ers sal vir hom/haar die boodskap gee dat hy/sy vir jou belangrik is, dat hy/sy betekenis het vir jou as sy ouer en dat ma/pa graag saam met my wil wees; dat ek belangrik is en raakgesien word.  Weet wat jou kind geliefd laat voel en sorg dat jy iets daarvan elke dag vir en met jou kind/ers doen. 

Vrae wat na egskeiding moontlik deur jou kind se gedagtes kan gaan is: “Waar gaan ons bly?”, “Gaan ons genoeg geld hê?”, “Wat gaan van my word as pa/ma siek word?”, “Sal ek nog universiteit of college toe kan gaan?”, “Wat as ons trek?”  Die lys gaan aan en aan.  Om hulle te help om oor hierdie en ander vrae duidelikheid te kry is dit vir jou as ouer nodig om hulle bekommernisse en vrese met erns te bejeën en daarna te luister. 

Moenie oor jou kinders se gevoelens oordeel of dit afmaak asof dit niks is om oor bekommerd te wees nie.  Hulle voel moontlik onveilig as gevolg van die veranderde omstandighede en as ouer behoort jy hierdie gevoelens raak te sien, en as jy kan, ‘n oplossing daarvoor bied.  Jy kan byvoorbeeld sê: “Ons moet let op hoeveel geld ons spandeer en nie onnodige goed koop nie, maar ons sal met die geld uitkom”.

As die kinders nie by jou as ouer bly nie, is daar baie geleentheid en redes om geleidelik al minder kontak met die kinders te hê.  Jou gewese man/vrou kan dit dalk vir jou moeilik maak om die kinders te sien, of jy kan met iemand anders in verhouding wees en julle spandeer meer tyd met sy/haar familie en kinders; of, jy kan voel dat jou kinders kant gekies het teen jou en eerder by jou gewese man/vrou wil wees.  As ‘n ouer het jy ‘n morele verpligting om in kontak met jou kinders te bly.

Sorg dat jy as ouer aandag gee aan die klein dingetjies wat belangrik is.  Deesdae is dit maklik om daagliks in kontak te bly deur bv. facebook, sms’e en e-pos.  Laat weet jou kinders elke dag dat jy aan hulle dink en dat jy vir hulle omgee en wens hulle ‘n lekker dag toe.  Jy en die kinders kan ook saam kerk toe gaan of op uitsappies gaan.  Raak betrokke by die kind se skool.  Dit is moeilik vir werkende ouers, maar daar’s baie naweek aktiwiteite by ‘n skool waar jy jou hulp kan aanbied. Maak seker jy maak die beste gebruik van jou beskikbare tyd saam met die kinders.  Wees daar vir hulle en daag op ten spyte van dit wat in jou pad staan of hoe moeilik jou gewese man/vrou dit vir jou ookal maak.  Wys jou kind jy stel belan in dit wat vir hom/haar belangrik is.

Laastens, vertrou jouself, en vertrou God en wees verseker daarvan dat jy die beste ouer vir jou kind is.  Glo in jouself en dat jy‘n liefdevolle, meelewende ouer is en kan wees, en dat jy jou kinders kan bystaan en lei deur hierdie moeilike tyd van hartseer en pyn waardeur julle as gesin gaan tydens die egskeiding.  Weet ook dat jy die beste persoon is wat jou kind/ers kan bystaan om ‘n gesonde en blink toekoms te hê.

 

 Hoe verminder ek die impak van egskeiding op my kind?

Dit is verstaanbaar dat die geskeide ouer so gou as moontlik ‘n nuwe begin wil maak.  Waak egter daarteen om dit te gou te wil doen, soos byvoorbeeld om te vinnig te verhuis, by ‘n nuwe kerk aan te sluit, skole te verander en ‘n nuwe lewe wil hê.  Mens dink vernuwing help jou in jou helingsproses.  Vir kinders het dit egter die teenoorgestelde effek.  Kinders soek stabiliteit en hulle hou van die bekende, dit laat hulle veilig voel.  Dit is ook nodig om die huishoudelike reëls en jou verwagtings van jou kinders nie te verslap na egskeiding nie.  Jou nee moet konsekwent nee wees, stel grense.  Hou die roetine en reëls dieselfde, want kinders voel veilig as hulle weet wat van hulle verwag word en as reëls toegepas word.

Weerhou jou daarvan om jou gewese man/vrou sleg te maak en af te breek teenoor die kinders, selfs al behandel hy/sy jou sleg of kom nie sy/haar ooreengekome pligte teenoor die kinders na, soos bv, hulle laat te kom haal of gladnie op te daag nie.  Weerhou jou daarvan om hom/haar af te kraak.  Sê eerder ek is jammer dat dit met jou, my kind, moes gebeur, maar kom ons gesels daaroor en vertel my hoe dit jou laat voel, jy kan selfs saam met jou kind daaroor bid. Die Here het kinders gemaak om albei ouers nodig te hê en lief te hê.  Elke keer as die ander ouer aangeval word kan dit vir die kind voel dat hyself aangeval word, want hy/sy is 50% van daardie ouer.  Die ander negatiewe effek hiervan is dat jou kind vertroue in jou gewese man/vrou kan verloor en ook in jou, want hulle weet nie wie om te glo nie en voel verskeurd tussen die twee ouers.  Dit raak hulle vermoë om oor die lang termyn gesond te word.

Maar, wat daarvan as my eks werklik verkeerd is en met sy/haar optrede die kinders seermaak, wat doen ek dan?  Jy kan nie vir sy/haar optrede verantwoordelikheid neem nie.  Jy kan sê dat jy nie namens hom/haar kan antwoord nie, maar dat jy  jammer is dat dit gebeur het, dit is nie reg nie.  Fokus op jou kind en hoe dit hom/haar laat voel, eerder as om die ander party sleg te maak. 

Hoekom is mens so in die versoeking om die gewese man/vrou af te kraak?  Dit is moontlik dat jy wil hê dat die kinders aan jou kant sal wees, dat hulle jou standpunt sal insien.  As die ander party sleg voorkom, lyk jy beter en is die kans groter dat die kind dalk eerder by jou sal wil bly.  Dit is ook moontlik dat mens wil hê die kinders moet sien hoe die eks jou seergemaak het en hoe verkeerd hy/sy was.  Hou by die bepalings van jul egskeidingsooreenkoms.  Jy hoef dalk nie saam te stem met jou gewese man/vrou se huidige lewensstyl nie, maar dit is nou sy/haar verantwoordelikheid. 

Dit is ook nie heilsaam om jou kinders van die ander party weg te hou nie, selfs nie deur “subtiele” negatiewe gedrag van jou kant nie.  Soos bv. dat die kinders nie gereed is as hy/sy hulle kom haal nie, of dat die huiswerk nie gedoen is nie, of dat hulle nog by ‘n maatjie/ouma is.  ‘n Kind het kontak met beide pa en ma nodig en ouers dien ook as rolmodelle vir die kind se ontwikkeling. 

Keer ook dat jy jou kind gebruik om vir jou inligting te kry en te spioeneer.  Dit plaas jou kind in die ongemaklike posisie om saam met jou, maar teen sy/haar ander ouer te werk.  Dit kan jou ook nog meer ongelukkig maak as jy dalk hoor wat jy nie wil hoor nie.  Moet ook nie jou kind as boodskapper gebruik nie, want hierdeur plaas jy jou kind in die middel. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid vir ‘n kind en ‘n swaar las om te dra.  Herstel die kommunikasie kanale en praat direk met hom/haar.

Verder kan kinders bekommerd voel oor een ouer as hulle nie by die ander ouer is nie, en bang wees dat die ander ouer alleen en eensaam is. Dit speel veral ‘n rol as van kinders verwag word om te kies waar hulle wil bly.

Deur te veel inligting en detail van die egskeiding met die kind te deel en die kind as volwassenes te behandel, deur te vertel hoe jy emosioneel sukkel en finansieël swaarkry, belas jy jou kind met onnodige bagasie.  Jou kind kan moontlik voel dat hy/sy vir jou ‘n ekstra las is, veral omdat jong kinders so konkreet dink.  Kry eerder ‘n ander volwassene of terapeut wat jy vertrou en teenoor wie jy kan ontlaai, as wat jy die kinders hierby betrek.

Jy as ouer ken jou kind en sy/haar behoeftes die beste en jy kan jou kind baie help in hierdie oorgangsfase van jul gesin.  Vertel jou kind wat besig is om te gebeur en luister na jou kind se vrese en bekommernisse en probeer sin maak daaruit.  Ouers behoort hiervoor verantwoordelikheid te neem.  Selfs al maak dit jou as ouer seer om met jou kind oor sy/haar vrese ten opsigte van egskeiding te praat, moet mens onthou dat dit deel is van ouer-wees, en dit is deel van die morsigheid van egskeiding. 

In die verloop van egskeiding raak ouers soms paniekerig oor die kinders se welstand.  Die ouer wil hê die kind, en sy eie, pyn moet ophou en dat die vrae en hartseer moet endkry.  Dikwels voel die ouer oorweldig en magteloos deur die warboel van emosies wat oor die gesin spoel en sien nie meer kans om emosioneel teenwoordig te bly vir die kinders nie.  Hier is dit raadsaam om die hulp van ‘n terapeut in te roep.

Terapeutiese hulp en insette is nodig wanneer ‘n kind geweldadig begin optree, hom- of haarself eiewillig beseer of sny, gedragsafwykings toon wat hom/haar of ander in gevaar stel, of met die gereg kan laat bots.  In hierdie gevalle is dit noodsaaklik om die proffesionele kundigheid van ‘n terapeut of sielkundige te kry.

 

ouer happy couple

jumping couple

pret couple