• Panel 00.jpg
  • Panel 00a.jpg
  • Panel 00b.jpg
  • Panel 00c.jpg
  • Panel 00D.jpg
  • Panel 01.jpg
  • Panel 01a.jpg
  • Panel 01aa.jpg
  • Panel 01b.jpg
  • Panel 02.jpg
  • Panel 02a.jpg
  • Panel 03.jpg
  • Untitled-1.jpg

 Hoe verminder ek die impak van egskeiding op my kind?

Dit is verstaanbaar dat die geskeide ouer so gou as moontlik ‘n nuwe begin wil maak.  Waak egter daarteen om dit te gou te wil doen, soos byvoorbeeld om te vinnig te verhuis, by ‘n nuwe kerk aan te sluit, skole te verander en ‘n nuwe lewe wil hê.  Mens dink vernuwing help jou in jou helingsproses.  Vir kinders het dit egter die teenoorgestelde effek.  Kinders soek stabiliteit en hulle hou van die bekende, dit laat hulle veilig voel.  Dit is ook nodig om die huishoudelike reëls en jou verwagtings van jou kinders nie te verslap na egskeiding nie.  Jou nee moet konsekwent nee wees, stel grense.  Hou die roetine en reëls dieselfde, want kinders voel veilig as hulle weet wat van hulle verwag word en as reëls toegepas word.

Weerhou jou daarvan om jou gewese man/vrou sleg te maak en af te breek teenoor die kinders, selfs al behandel hy/sy jou sleg of kom nie sy/haar ooreengekome pligte teenoor die kinders na, soos bv, hulle laat te kom haal of gladnie op te daag nie.  Weerhou jou daarvan om hom/haar af te kraak.  Sê eerder ek is jammer dat dit met jou, my kind, moes gebeur, maar kom ons gesels daaroor en vertel my hoe dit jou laat voel, jy kan selfs saam met jou kind daaroor bid. Die Here het kinders gemaak om albei ouers nodig te hê en lief te hê.  Elke keer as die ander ouer aangeval word kan dit vir die kind voel dat hyself aangeval word, want hy/sy is 50% van daardie ouer.  Die ander negatiewe effek hiervan is dat jou kind vertroue in jou gewese man/vrou kan verloor en ook in jou, want hulle weet nie wie om te glo nie en voel verskeurd tussen die twee ouers.  Dit raak hulle vermoë om oor die lang termyn gesond te word.

Maar, wat daarvan as my eks werklik verkeerd is en met sy/haar optrede die kinders seermaak, wat doen ek dan?  Jy kan nie vir sy/haar optrede verantwoordelikheid neem nie.  Jy kan sê dat jy nie namens hom/haar kan antwoord nie, maar dat jy  jammer is dat dit gebeur het, dit is nie reg nie.  Fokus op jou kind en hoe dit hom/haar laat voel, eerder as om die ander party sleg te maak. 

Hoekom is mens so in die versoeking om die gewese man/vrou af te kraak?  Dit is moontlik dat jy wil hê dat die kinders aan jou kant sal wees, dat hulle jou standpunt sal insien.  As die ander party sleg voorkom, lyk jy beter en is die kans groter dat die kind dalk eerder by jou sal wil bly.  Dit is ook moontlik dat mens wil hê die kinders moet sien hoe die eks jou seergemaak het en hoe verkeerd hy/sy was.  Hou by die bepalings van jul egskeidingsooreenkoms.  Jy hoef dalk nie saam te stem met jou gewese man/vrou se huidige lewensstyl nie, maar dit is nou sy/haar verantwoordelikheid. 

Dit is ook nie heilsaam om jou kinders van die ander party weg te hou nie, selfs nie deur “subtiele” negatiewe gedrag van jou kant nie.  Soos bv. dat die kinders nie gereed is as hy/sy hulle kom haal nie, of dat die huiswerk nie gedoen is nie, of dat hulle nog by ‘n maatjie/ouma is.  ‘n Kind het kontak met beide pa en ma nodig en ouers dien ook as rolmodelle vir die kind se ontwikkeling. 

Keer ook dat jy jou kind gebruik om vir jou inligting te kry en te spioeneer.  Dit plaas jou kind in die ongemaklike posisie om saam met jou, maar teen sy/haar ander ouer te werk.  Dit kan jou ook nog meer ongelukkig maak as jy dalk hoor wat jy nie wil hoor nie.  Moet ook nie jou kind as boodskapper gebruik nie, want hierdeur plaas jy jou kind in die middel. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid vir ‘n kind en ‘n swaar las om te dra.  Herstel die kommunikasie kanale en praat direk met hom/haar.

Verder kan kinders bekommerd voel oor een ouer as hulle nie by die ander ouer is nie, en bang wees dat die ander ouer alleen en eensaam is. Dit speel veral ‘n rol as van kinders verwag word om te kies waar hulle wil bly.

Deur te veel inligting en detail van die egskeiding met die kind te deel en die kind as volwassenes te behandel, deur te vertel hoe jy emosioneel sukkel en finansieël swaarkry, belas jy jou kind met onnodige bagasie.  Jou kind kan moontlik voel dat hy/sy vir jou ‘n ekstra las is, veral omdat jong kinders so konkreet dink.  Kry eerder ‘n ander volwassene of terapeut wat jy vertrou en teenoor wie jy kan ontlaai, as wat jy die kinders hierby betrek.

Jy as ouer ken jou kind en sy/haar behoeftes die beste en jy kan jou kind baie help in hierdie oorgangsfase van jul gesin.  Vertel jou kind wat besig is om te gebeur en luister na jou kind se vrese en bekommernisse en probeer sin maak daaruit.  Ouers behoort hiervoor verantwoordelikheid te neem.  Selfs al maak dit jou as ouer seer om met jou kind oor sy/haar vrese ten opsigte van egskeiding te praat, moet mens onthou dat dit deel is van ouer-wees, en dit is deel van die morsigheid van egskeiding. 

In die verloop van egskeiding raak ouers soms paniekerig oor die kinders se welstand.  Die ouer wil hê die kind, en sy eie, pyn moet ophou en dat die vrae en hartseer moet endkry.  Dikwels voel die ouer oorweldig en magteloos deur die warboel van emosies wat oor die gesin spoel en sien nie meer kans om emosioneel teenwoordig te bly vir die kinders nie.  Hier is dit raadsaam om die hulp van ‘n terapeut in te roep.

Terapeutiese hulp en insette is nodig wanneer ‘n kind geweldadig begin optree, hom- of haarself eiewillig beseer of sny, gedragsafwykings toon wat hom/haar of ander in gevaar stel, of met die gereg kan laat bots.  In hierdie gevalle is dit noodsaaklik om die proffesionele kundigheid van ‘n terapeut of sielkundige te kry.

 

 Hoe beïnvloed egskeiding my kind se gedrag?

Vanaf 5–12 jaar is kinders geneig om met hulle gedrag te wys as daar iets verkeerd is.  Hulle kan ontevrede en buierig voorkom en gedragsveranderinge toon soos ‘n veranderde slaappatroon, sosiale afsondering en onttrekking of ‘n oordrewe betrokkenheid en fokus op maats sodat hy/sy nie hoef te “cope” met wat by die huis aangaan nie.  Die kind kan baie hartseer voel en huilerig wees, die kind kan ook baie kortaf raak en kwaad wees, gou ontsteld raak en te veel of te min eet.

Tieners kan ‘n “traak-my-nie-agtige” houding aanneem en sosiaal onttrek of baie stil word. Hulle kan ook belangstelling in aktiwiteite verloor waaroor hulle voorheen gaande was of oor-konsensieus wees en gedurig die ouer se goedkeuring soek.  Aan die ander kant kan daar baie woede wees asook uitdagende gedrag, d.w.s kinderse tree buite hul normale karakter op of rebelleer.  Daar is individuele verskille en ook verskille in hoe seuns en dogters egskeiding ervaar.

‘n Ander kwessie wat deur kinders se gedagtes gaan is dat hulle hoop, maar dit dikwels nie kommunikeer nie, dat die ouers weer bymekaar sal kom en herening.  Soms sien die kind dat pa en ma “okey” is met mekaar en dan vlam die hoop op hereniging op; soms is daar “sameswerings” om ouers weer bymekaar te bring en leef hulle in hierdie fantasie vir ‘n lang tyd. 

Egskeiding maak dit moeilik vir kinders om by veranderde omstandighede aan te pas, en as daar nie aan die kind verduidelik word wat besig is om te gebeur nie, kan dit ‘n lang tyd van swaarkry vir die hom inhou.  Om hierdie las vir jou kind ligter te maak sal jy moet erken wat jou aandeel was in die verslegting van die verhouding. Kommunikeer jou eie verantwoordelikheid sonder om onnodige en negatiewe detail te gee en vertel dit vir hom/haar op ‘n ouderdomsgepaste wyse.  Vermy dit om jou gewese man/vrou sleg maak en alle blaam op hom/haar te pak, verduidelik “dit is waar ek fout gemaak het” en “dis waar jou pa/ma fout gemaak het”, en “dit is waar ons altwee verkeerd was”.  “Ek moes beter gepraat/geluister het”; “as ek nie so kwaad geword het nie, sou pappa/mamma nie so geskree het nie”, ens.  Dit beteken nie jy moet jouself straf of verkleineer voor jou kind nie, maar erken die waarheid en sê dat jy daaruit geleer het en dat jy jammer is dat dit gebeur het; jou kind moet weet dat jy verantwoordelikheid vir jou aandeel aanvaar.

 

 Hoe kan ek my kind bystaan deur ons egskeidings proses?

 

Dit is 'n universele behoefe by ouers om hul kinders te beskerm teen seerkry en die beste vir hulle te wil hê.  Egskeiding maak ouers baie bekommerd oor die negatiewe effekte hiervan op kinders, en voel soms mismoedig wanneer die kinders swaarkry en/of rebelleer.  Ouers wonder ook hoe die egskeiding kinders emosioneel gaan raak, hulle skoolwerk gaan affekteer en hoe dit hulle toekoms en lewensuitkyk sal beïnvloed.

 

Hierdie artikel kyk na die effek van egskeiding op kinders en hoe om die impak hiervan te verminder; verder is daar ook wenke oor hoe om in konneksie met jou kinders te bly gedurende en na die egskeiding en om hulle te help floreer in die toekoms.

 

Hoe word kinders geaffekteer deur egskeiding? Kinders word diep hierdeur geraak en gaan dikwels deur 'n rou proses.  Hulle rou oor die verlies van gesinwees, die fisiese nabyheid van 'n ouer, verlies van die werklikheid soos hulle dit geken het; ook die verlies van 'n beskouing van die toekoms soos byvoorbeeld dat albei ouers daar sal wees met verjaardae, gradeplegtighede of wanneer die kind sou trou.

 

Alhoewel dit soms kan voorkom asof 'n kind nie tekens van emosionele trauma met egskeiding toon nie, is dit nie te sê dat die skeiding hom/haar nie raak nie.  Soms wil ouers hulself wysmaak dat kinders baie aanpasbaar is en onaangeraak gelaat word deur egskeiding, maar die realiteit van die pyn van egskeiding kan nie ontken word nie.

 

Aan die ander kant kan ouer so oorweldig word deur hul eie kwessies en pyn dat hulle (onbewustelik) nie emosioneel teenwoordig kan bly vir hul kinders nie.  Omdat jong kinders baie konkreet dink verstaan hulle dikwels nie wat egskeiding is nie en in hulle kindergemoed glo hulle dat die wêreld om hulle draai.  Alhoewel kinders selde of ooit die oorsaak van 'n egskeiding is, dink hulle dat hy/sy dalk die oorsaak daarvan is.  Die kind wonder wat hy/sy verkeerd gedoen het dat sy ouers skei en dink dikwels dit is omdat hy stout was of iets verkeerd gedoen het wat die ouers baie kwaad gemaak het.  In die jong kind se konkrete gedagtewêreld is hy bang dat as hy weer iets verkeerd sou doen sal hy/sy ook weggegooi word soos ma of pa mekaar "weggegooi" het.  Hulle kan simptome hê soos maagpyn, hoofpyn of naarheid en kan dit nie in verband bring met die hartseer van skeiding nie. Wees sensitief vir jou kind se vrese en behoeftes, luister na jou kind en weet wat in sy/haar hart en gedagtes aangaan.

 

Page 4 of 4