• Panel 00.jpg
  • Panel 00a.jpg
  • Panel 00b.jpg
  • Panel 00c.jpg
  • Panel 00D.jpg
  • Panel 01.jpg
  • Panel 01a.jpg
  • Panel 01aa.jpg
  • Panel 01b.jpg
  • Panel 02.jpg
  • Panel 02a.jpg
  • Panel 03.jpg
  • Untitled-1.jpg

 Hoe kan ek my kind bystaan deur ons egskeidings proses?

 

 

Dit is 'n universele behoefe by ouers om hul kinders te beskerm teen seerkry en die beste vir hulle te wil hê.  Egskeiding maak ouers baie bekommerd oor die negatiewe effekte hiervan op kinders, en voel soms mismoedig wanneer die kinders swaarkry en/of rebelleer.  Ouers wonder ook hoe die egskeiding kinders emosioneel gaan raak, hulle skoolwerk gaan affekteer en hoe dit hulle toekoms en lewensuitkyk sal beïnvloed.

 

Hierdie artikel kyk na die effek van egskeiding op kinders en hoe om die impak hiervan te verminder; verder is daar ook wenke oor hoe om in konneksie met jou kind/ers te bly gedurende en na die egskeiding en om hulle te help floreer in die toekoms.

 

Hoe word kinders geaffekteer deur egskeiding? Kinders word diep hierdeur geraak en gaan dikwels deur 'n rou proses.  Hulle rou oor die verlies van gesinwees, die fisiese nabyheid van 'n ouer, verlies van die werklikheid soos hulle dit geken het; ook die verlies van 'n beskouing van die toekoms soos byvoorbeeld dat albei ouers daar sal wees met verjaardae, gradeplegtighede of wanneer die kind sou trou.

 

Alhoewel dit soms kan voorkom asof 'n kind nie tekens van emosionele trauma met egskeiding toon nie, is dit nie te sê dat die skeiding hom/haar nie raak nie.  Soms wil ouers hulself wysmaak dat kinders baie aanpasbaar is en onaangeraak gelaat word deur egskeiding, maar die realiteit van die pyn van egskeiding kan nie ontken word nie.

 

Aan die ander kant kan ouer so oorweldig word deur hul eie kwessies en pyn dat hulle (onbewustelik) nie emosioneel teenwoordig kan bly vir hul kinders nie.  Omdat jong kinders baie konkreet dink, verstaan hulle dikwels nie wat egskeiding is nie en in hulle kindergemoed glo hulle dat die wêreld om hulle draai.  Alhoewel kinders selde of ooit die oorsaak van 'n egskeiding is, dink hulle dat hy/sy dalk die oorsaak daarvan is.  Die kind wonder wat hy/sy verkeerd gedoen het dat sy ouers skei en dink dikwels dit is omdat hy stout was of iets verkeerd gedoen het wat die ouers baie kwaad gemaak het.  In die jong kind se konkrete gedagtewêreld is hy bang dat as hy weer iets verkeerd sou doen sal hy/sy ook weggegooi word soos ma of pa mekaar "weggegooi" het.  Hulle kan simptome hê soos maagpyn, hoofpyn of naarheid en kan dit nie in verband bring met die hartseer van skeiding nie. Wees sensitief vir jou kind se vrese en behoeftes, luister na jou kind en weet wat in sy/haar hart en gedagtes aangaan.